Top Module Empty
Main Menu
Meer oor ons

Inleiding

Die Hoërskool Centurion is 'n Afrikaansmedium hoërskool geleë in die voorstad Lyttelton Manor in Centurion.

Die skool is in 1958 gestig en vier in 2008 sy 50ste bestaansjaar.

‘n Gebalanseerde opvoeding word aan elke Woerie gebied. Die Hoërskool Centurion wil elke leerder as totale mens ontwikkel met die nodige kennis en praktiese ondervinding om die beroepslewe met vertroue aan te pak. Die skool bied ‘n wye vakkeuse, ‘n verskeidenheid kultuur- en sportaktiwiteite en hope geleentheid vir mensontwikkeling. Centurion bied uitstekende akademiese onderrig, puik onderrigfasiliteite en hoogs gemotiveerde en entoesiastiese personeel. Om elke individu se volle potensiaal te ontgin, bied ons ook verrykende en karaktervormende kultuurbeoefening, vele sportgeleenthede, skitterende sportuitslae en hope geleenthede vir gesonde pret!

Erekode

As leerder van Hoërskool Centurion, aanvaar ek die verantwoordelikheid, om na die beste van my vermoë:

  1. die leuse van die skool te help uitbou deur persoonlik "Steeds Hoër" te strewe en ook alle ander leerders daartoe aan te moedig.

  2. lojaal te wees teenoor die skool, die onderwysers, my medeleerders en elke aktiwiteit wat in verband met die skoollewe staan.

  3. my ten alle tye waardig te gedra, sodat my optrede steeds die skool tot eer sal strek.

  4. my skoolklere altyd in ere te hou en daardeur nooit die eer van die skool in gedrang te bring nie.

  5. altyd 'n waardige voorbeeld te stel, deur die skoolreëls nougeset na te kom en ander te help om dieselfde te doen.

  6. opreg, vriendelik en hulpvaardig te wees in my optrede teenoor my meerderes, gelykes en minderes, dog ferm stelling in te neem tot bevordering van die algemene welsyn van die skoolgemeenskap.

  7. deur my optrede steeds die Christelike karakter van my skool gestand te doen en trots vir ons nasionale, volkseie aan te wakker.

  8. aan my skoolloopbaan mee te help, om 'n trotse beeld van my almamater uit te bou.

 
Belangrike datums
Tue, Sep 7th, 2010
Krieket: O/14B-span teen Zwartkop (tuis), O/14C-span teen Menlopark (weg).
Wed, Sep 8th, 2010
Krieket: O/14A-span teen Oos-Moot (tuis).
Thu, Sep 9th, 2010
Krieket: O/15B-span teen Waterkloof (tuis), O/15C-span teen Waterkloof (weg), 2B-span tn Midstream
Thu, Sep 9th, 2010
Sagtebal teen Eldoraigne (tuis).
Fri, Sep 10th, 2010
Hoof se verjaardag.
Wed, Sep 15th, 2010
VLR-inhuldiging om 07:30
Fri, Sep 17th, 2010
Gholfdag by Waterkloof.
Tue, Sep 21st, 2010
Alumni-stigtingsvergadering
Thu, Sep 23rd, 2010
Skool sluit
Thu, Oct 14th, 2010
Cleopatra – R60 per persoon
Omsendbriewe
© 2007 Hoërskool Centurion
Webmasters: C. Kahl & E.M. Holroyd
Last Update 12 September 2008
This website is optimized for Internet Explorer 6 and higher.