| Die sentrum vir Geestesgesondheid kyk na elke dind se welstand op pro-aktiewe en reaktiewe wyse: Op pro-aktiewe wyse word die vak Lewensoriëntering bestuur sodat daar, met inagneming van die kurrikulum, spesifieke temas met verskillende graadgroepe gedoen word. Hierdie temas is gekoppel aan die skool se waardesisteem en is ‘n ideale manier om waardes op te skerp. Ouerleidingskursusse word ook aangebied sodat die skool met die ouer kan hande vat rondom die begeleiding van die kind. Daar sal ook tydens 2009 bekende sprekers en kundiges optree tydens skoolure om sekere waardes aan te spreek. Die sentrum het ‘n behoefte rakende studie-leiding geïdentifiseer en daar word deurlopende basis-studiekursusse aangebied. Op reaktiewe wyse is daar bekwame mentors by die skool wat tydens skoolure individuele gesprekke met behoewende leerders voer. Hierdie diens is gratis en vrywillig en word met die uiterste konfidensialiteit hanteer. Indien die mentors probleme identifiseer wat meer professionele aandag vereis, word hulle na professionele persone verwys vir verdere leiding. Met toestemming van die kind en indien nodig, word ouers ook gekontak. Soos wat verdere behoeftes geïdentifiseer word, sal die dienste uitgebrei word. Ouers is egter welkom om voorstelle te maak indien hulle sekere behoeftes raaksien waaraan nie beantwoord word nie. Bertus Swanepoel
|
|
|
|
Belangrike datums |
Tue, Sep 7th, 2010 Krieket: O/14B-span teen Zwartkop (tuis), O/14C-span teen Menlopark (weg). |
Wed, Sep 8th, 2010 Krieket: O/14A-span teen Oos-Moot (tuis). |
Thu, Sep 9th, 2010 Krieket: O/15B-span teen Waterkloof (tuis), O/15C-span teen Waterkloof (weg), 2B-span tn Midstream |
Thu, Sep 9th, 2010 Sagtebal teen Eldoraigne (tuis). |
Fri, Sep 10th, 2010 Hoof se verjaardag. |
Wed, Sep 15th, 2010 VLR-inhuldiging om 07:30 |
Fri, Sep 17th, 2010 Gholfdag by Waterkloof. |
Tue, Sep 21st, 2010 Alumni-stigtingsvergadering |
Thu, Sep 23rd, 2010 Skool sluit |
Thu, Oct 14th, 2010 Cleopatra – R60 per persoon |
|
|