|
Tuisblad
|
Maxinuus 6 September 2010 |
|
|
|
Maximus-gedagte van die week: Alle paaie na sukses is opdraande. – John Mason Uitslae en prestasies van leerders: Landloop:Ons landloopatlete het weer ‘n puik seisoen agter die rug. Ons dogters het die liga gewen en ons senior seuns het algeheel tweede geëindig. Letitia Saayman is as die beste senior dogtersatleet aangewys, terwyl Kylie Merrick, Celiané Heyns en Ankia Stols brons toekennings verower het. Ettiene Step en Jaco Schoonwinkel het ook brons toekennings in die seunskategorie verower. ‘n Rekordgetal van negentien van ons atlete is vir die AGN-landloopspan gekies wat eerskomende naweek aan die ASA-landloopkampioenskappe te TUT deelneem. Baie geluk aan ons atlete met ‘n puik seisoen en eer aan ons Skepper vir elkeen se prestasie! Sagtebal teen Wonderboom, 1 September 2010:O/15A2 vs A2: Wen 8-3O/16A2 vs A2: Wen 20-3O/14A2 vs A1: Verloor 2-9O/15A2 vs A1: Verloor 7-10O/16A2 vs A1: Wen 13-9O/14A1 vs A2: Wen 13-2O/15A1 vs A2: Wen 23-4O/16A1 vs A2: Wen 21-0O/14A1 vs A1: Wen 9-0O/15A1 vs A1: Wen 12-0O/16A1 vs A1: Wen 18-2O/19A2 vs A1: Verloor 4-6O/19A1 vs A1: Wen 19-1 Krieket:Ons het die loot verloor en Pretoria Boys’ High het ons versoek om eerste te boul. Hulle het 201/6 lopies in hul toegelate 50 beurte aangeteken en ons is vir slegs 180 lopies uitgehaal. Slegs Duanne Olivier (58), in sy honderdste verskyning vir die eerste span, en Bernhard Beukman (36) het noemenswaardige bydraes gelewer. Danksy ‘n skitterende onoorwonne honderdtal (116*) deur Tiaan Janse van Rensburg, het die Ibbies daarin geslaag om ‘n onaanvegbare 310/6 aan te teken. Tiaan is goed bygestaan deur Divan van Biljon (45), Stephan Klopper (35), Pieter Coetzer (34) en Armand Wolmarans (45*). Pieter Coetzer het daarna die hart uit die tuisspan geruk deur 3/18 in tien beurte te neem. Cornwall Hill is vir slegs 102 uitgeboul. Die streekspanne vir die finale Gauteng-Noordproewe is gekies en die volgende spelers is in dié spanne opgeneem: O/18: Gerrit van Niekerk (kaptein), Duanne Olivier, Francois Mostert, Wian Jonck, Johann Smit, Wian van Heerden, Bernhard Beukman en Steyn Jacobsohn. O/17: Pieter Coetzer, Kyle Melis en Ruhan Olivier. O/15: Divan Jonck, Stephan Klopper en Schalk van Heerden. Brugboukompetisie:Die nasionale brugboukompetisie van SAICE is Vrydag, 3 September, gehou. Twaalf spanne regoor die land wat die Streekkompetisies gewen het, het vanaf 09:00 begin bou. Met 25 stokkies, gom en 3 meter tou, het die spanne met unieke ontwerpe vorendag gekom. Die brûe is die aand gebreek en die Woeries het ‘n ongelooflike derde plek behaal. Die brug van Johann Wauts, Ben Viljoen en Reginald Waldeck het ‘n allemintige 96 kg gedra om hulle die derde plek tydens die SA kompetisie te gee.Baie geluk aan hierdie span met hierdie besondere prestasie! Revue-oefenprogram van 6 tot 8 September 2010:| DATUM | ITEM | TYD | LOKAAL | AFRIGTER | | 6 Sept. | Girls’ BandBeach BoysBollywoodIsland-medley | 17:30-18:3017:30-18:3018:30-19:3018:30-19:30 | DansateljeeSaalDansateljeeSaal | Es J.v.RensburgR. KingS. van NiekerkM. van Heerden | | 7 Sept. | Island-medleyBeach BoysBoys’ BandGirls’ Band | 17:30-18:3018:30-19:3018:30-19:3020:00-21:00 | SaalSaalDansateljeeDansateljee | M. van HeerdenR. KingA. NelEs J.v.Rensburg | | 8 Sept. | BollywoodGirls’ BandBoys’ Band | 17:30-19:0019:00-20:0019:00-20:00 | DansateljeeSaalDansateljee | S. van NiekerkEs J.v.RensburgA. Nel | Let asseblief daarop dat die Boys’ Band se oefening op 7 September weens ‘n oorvleueling gekanselleer word. Maak ook seker dat u die revue-gelde vereffen sodat u nie met die betalings agter raak nie. |
|
|
|
|
Belangrike datums |
Tue, Sep 7th, 2010 Krieket: O/14B-span teen Zwartkop (tuis), O/14C-span teen Menlopark (weg). |
Wed, Sep 8th, 2010 Krieket: O/14A-span teen Oos-Moot (tuis). |
Thu, Sep 9th, 2010 Krieket: O/15B-span teen Waterkloof (tuis), O/15C-span teen Waterkloof (weg), 2B-span tn Midstream |
Thu, Sep 9th, 2010 Sagtebal teen Eldoraigne (tuis). |
Fri, Sep 10th, 2010 Hoof se verjaardag. |
Wed, Sep 15th, 2010 VLR-inhuldiging om 07:30 |
Fri, Sep 17th, 2010 Gholfdag by Waterkloof. |
Tue, Sep 21st, 2010 Alumni-stigtingsvergadering |
Thu, Sep 23rd, 2010 Skool sluit |
Thu, Oct 14th, 2010 Cleopatra – R60 per persoon |
|
|